Areopagosrede
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Areopagosrede verwys na 'n preek wat deur die apostel Paulus in Athene gelewer is, by die Areopagos, en wat in Handelinge 17:16-34 beskrywe word.[1][2] Die Areopagospreek is een van die mees dramatiese en mees volledige van die toesprake in die sendingloopbaan van Paulus van Tarsus, en volg op 'n korter toespraak in Lystra (kyk Handelinge 14:15-17).[3]