Arginien
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Arginien (afgekort as Arg of R) is 'n α-amino suur wat gebruik word in die biosintese van proteïene. Dit word deur die kodons CGU, CGC, CGA, CGG, AGA, en AGG gekodeer.[1] Dit bevat 'n α-aminogroep, 'n α-karboksielsuurgroep, en 'n syketting wat bestaan uit 'n 3-koolstof reguit alifatiese ketting wat eindig in 'n guanidinogroep. By fisiologiese pH, is die karboksielsuurgroep gedeprotoneer (−COO−), die aminogroep is geprotoneer (−NH3+), en die guanidinogroep is ook geprotoneer om die guanidiniumvorm (-C-(NH2)2+) te gee, sodat arginien 'n positief gelaaide alifatiese aminosuur is.[2] Dit is die voorloper vir die biosintese van stikstofoksied.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Arginien |
Chemiese formule | C6H14O2N4 |
Molêre massa | 174.20 g/mol |
CAS-nommer | 7200-25-1 |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | 148.7 g/L |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
In die mens word arginien geklassifiseer as 'n semiessensiële of voorwaardelik essensiële aminosuur, afhangende van die ontwikkelingsfase en gesondheidstatus van die individu.[3] Vroeggebore babas is nie in staat om arginien te sintetiseer nie,[4] maar gesonde volwasse mense benodig nie arginienaanvulling nie, want dit is 'n komponent van alle proteïen-bevattende voedsel[5] en kan in die liggaam gesintetiseer word vanaf glutamien via sitrullien.[6]