![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e3/Arkady_Dvorkovich_%25282015-09-30%2529.jpg/640px-Arkady_Dvorkovich_%25282015-09-30%2529.jpg&w=640&q=50)
Arkadi Dworkowitsj
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arkadi Wladimirowitsj Dworkowitsj (Russies: Аркадий Владимирович Дворкович; gebore 26 Maart 1972) is ’n Russiese ekonoom en voormalige adjunk-premier in die eerste kabinet van Dmitri Medwedef van 21 Mei 2012 tot 7 Mei 2018. Hy was van 13 Mei 2008 tot Mei 2012 assistent tot die president van die Russiese Federasie. Sy vader, Wladimir Dworkowitsj, was ’n internasionale skaakarbiter.[1] Dworkowitsj is ’n beampte van die Russiese Skaakfederasie.
Kitsfeite Arkadi Dworkowitsj, Adjunk-premier van Rusland ...
Arkadi Dworkowitsj | |
---|---|
![]() | |
Adjunk-premier van Rusland | |
Termyn 21 Mei 2012 – 18 Mei 2018 | |
Opvolger | Dmitri Kozak |
Persoonlike gegewens | |
Gebore | Arkadi Wladimirowitsj Dworkowitsj 26 Maart 1972 (1972-03-26) (52 jaar oud) Moskou, Sowjetunie (nou Rusland) |
Alma mater | Staatsuniversiteit van Moskou, Nuwe Ekonomiese Skool, Universiteit van Duke |
Sluit
Dworkowitsj word as ’n goeie vertroueling van Medwedef[2] en as ’n belangrike figuur in die Russiese politiek beskou.