Armenië
soewereine staat in die Suid-Kaukasus-streek van Eurasië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Armenië (Armeens: Հայաստան, Hayastan, [hɑjɑsˈtɑn], luister (hulp·inligting) of Հայք, Hayq), amptelik die Republiek Armenië (ՀայաստանիՀայաստանի Հանրապետություն, Hayastani Hanrapetut'yun, [hɑjɑstɑˈni hɑnɾɑpɛtutʰˈjun]), is 'n klein landingeslote land in die suidelike Kaukasusberge, tussen die Swartsee en die Kaspiese See, begrens deur Turkye in die weste, Georgië in die noorde, Azerbeidjan in die ooste en Iran en die Naxçıvan-eksklawe van Azerbeidjan in die suide.
| |||||
Nasionale leuse: Մեկ ազգ, մեկ մշակույթ Mek azg, mek mshakuyt (Armeens vir: "Een nasie, een kultuur") | |||||
Volkslied: Մեր Հայրենիք Mer Hayrenik (Armeens vir: "Ons Vaderland") | |||||
Hoofstad | Jerewan | ||||
Grootste stad | Jerewan | ||||
Amptelike tale | Armeens[1] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek[1] Vahagn Khachaturjan Nikol Pasjinjan | ||||
Onafhanklikheid | 2492 v.C. 1500–1290 v.C. 14de eeu–1190 v.C. 860–590 v.C. 6de eeu v.C. 190 v.C.[6] 52–428 885–1045 1198–1375 28 Mei 1918 Sowjetunie: 23 Augustus 1990 21 September 1991 21 Desember 1991 5 Julie 1995 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
29 743 km2 (138ste) 11 484 myl2 4,71[7] | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
3 000 756[7] (138ste) 3 018 854[8][9] 101,5 / km2 (99ste) 262,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,759[11] (85ste) – hoog | ||||
Gini (2021) | 27,9[12] – medium | ||||
Geldeenheid | Dram (դր.) (AMD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
AMT (UTC+4) nie toegepas nie (UTC+4) | ||||
Internet-TLD | .am | ||||
Skakelkode | +374 |
Armenië is een van die oudste kultuurlandskappe op aarde met 'n geskiedenis wat verder terugstrek as dié van die meeste Europese lande. Sy ryk kulturele en argitektoniese erfenis verenig elemente van verskillende tradisies. Dit was sy ligging langs die belangrike Syroete tussen Asië en Europa wat Armenië gedurende sy lang geskiedenis verskeie kere blootgestel het aan die kulturele en politieke invloede van ander moondhede. So het periodes van nasionale onafhanklikheid gewissel met tydperke waartydens die land onder Bisantynse, Persiese, Mongoolse, Turkse en Russiese bewind gekom het.
Armeens maak deel uit van die Indo-Europese taalfamilie, dog het Armene hul eie 'n unieke alfabet ontwikkel wat sedert die Middeleeue onveranderd in gebruik is. Armenië was die eerste land ter wêreld wat die Christendom as amptelike godsdiens aanvaar en met die Armeens-Apostoliese geloof in 301 n.C. 'n nasionale kerk gevestig het. Die heilige berg van die Armene, Ararat, is tans egter buite Armenië se staatsgebied in Turkye geleë.
Ook die meerderheid Armene het hulle in die buiteland gevestig. Van die altesaam agt miljoen Armene leef tans slegs sowat drie miljoen in die Republiek Armenië. Verdrywings en etniese suiwerings loop soos 'n draad deur die geskiedenis van die Armene. As Christelike minderheid in Islamitiese lande soos Turkye en Azerbeidjan – en dikwels ook as ekonomies suksesvolle groep – het hulle verskeie kere slagoffers van etniese en godsdienstige onderdrukking geword.
Vanaf die 15de eeu was Armenië 'n omstrede land tussen die Ottomaanse en die Persiese Ryk. In die 19de eeu het die Russiese heerskappy oor die Kaukasusgebied met Oos-Armenië begin. Wes-Armenië, 'n gebied in Klein-Asië, was deel van die Ottomaanse Ryk. Hier het in 1895 en 1896 eerste massiewe etniese suiwerings en massamoorde plaasgevind.
Die Armeense volksmoord, wat in 1915 in die Turkse Ottomaanse Ryk begin het nadat Armene as bondgenote van buitelandse Christelike magte afgestempel is, het honderdduisende, moontlik 1,5 miljoen menselewens geëis. Die volksmoord, wat deur Turkye as regsopvolger van die Ottomaanse Ryk nie amptelik erken word nie, is steeds 'n traumatiese ervaring wat deur Armene dikwels Aghet of die Groot Ramp genoem word.
Tussen 1920 en 1989 was Armenië 'n relatief welvarende republiek van die Sowjetunie, maar het ná sy onafhanklikwording deur 'n sterk aardbewing, die moeilike proses van ekonomiese transformasie, die groot afhanklikheid van energie-invoere en die konflik met Azerbeidjan oor die Nagorno-Karabach-gebied, 'n enklawe in Azerbeidjan wat hoofsaaklik deur Armene bewoon is, in 'n moeilike ekonomiese posisie beland.