Ashton
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ashton is geleë in die Klein Karoo aan die voet van die Langeberge tussen Robertson en Swellendam en is op een van die hoofroetes tussen Kaapstad en Mosselbaai. Die vrugbare vallei waarin die dorp geleë is, is veral geskik vir wyn- en vrugteverbouing. Bekende stoeterye vir renperde, beeste en skape is hier ontwikkel en in 1962 is die eerste plaaslike koöperatiewe wynkelder gebou.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Ashton | |
---|---|
Sonsondergang oor Ashton | |
Koördinate: 33°50′5″S 20°3′17″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Langeberg |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,5 km2 (9,1 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 325 |
• Digtheid | 567/km2 (1 470/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 53.4% |
• Swart mense | 40.9% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 58.6% |
• Xhosa | 35.7% |
• Engels | 1.4% |
• Sotho | 1.3% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 6715 |
Skakelkode | 023 |
Sluit