![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/Asperge_in_bloei_Asparagus_officinalis.jpg/640px-Asperge_in_bloei_Asparagus_officinalis.jpg&w=640&q=50)
Asparagaceae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Asparagaceae is ’n familie blomplante in die orde Asparagales.[1]
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Asparagaceae | |
---|---|
![]() | |
Asparagus officinalis in blom. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Monocotyledoneae |
Orde: | |
Familie: | Asparagaceae Juss.[1] |
Sluit
In vroeëre klassifikasiestelsels is die betrokke spesies dikwels in die familie Liliaceae geplaas. Die APG II-stelsel van 2003 laat twee opsies toe vir die familie: óf Asparagaceae sensu lato ("in die breër sin") óf Asparagaceae sensu stricto ("in die enger sin"). Die hersiene APG III-stelsel van 2009 laat net die breër sin toe.
’n Geskrif wat in dieselfde tyd gepubliseer is, stel sewe subfamilies voor om ooreen te stem met die oorspronklike aparte families.[2] Hulle is:
- Agavoideae = familie Agavaceae en Hesperocallidaceae
- Aphyllanthoideae = familie Aphyllanthaceae
- Asparagoideae = familie Asparagaceae sensu stricto
- Brodiaeoideae = familie Themidaceae
- Lomandroideae = familie Laxmanniaceae
- Nolinoideae = familie Ruscaceae
- Scilloideae = familie Hyacinthaceae