Australasië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Australasië (Latyn: Australasia, letterlik: "suid van Asië") is die gebied rondom Australië, Nieu-Seeland, Nieu-Guinea,[1] die daaromliggende eilande van Melanesië en ook 'n deel van Indonesië. Die begrip is afkomstig van Charles de Brosses, wat dit in 1756 gebruik het om die gebied af te grens van Polinesië en Magellanica (die suidoostelike deel van die Stille Oseaan).