Auvergne
administratiewe gewes (région) van Frankryk / From Wikipedia, the free encyclopedia
Auvergne [oˈvɛʀɲ] (Oksitaans Auvèrnhe / Auvèrnha) is 'n geskiedkundige provinsie en tans 'n administratiewe gewes (Frans: région) in die Sentraalmassief, die bergagtige hartland van Frankryk. Sy bewoners word in Frans Auvergnats genoem. Die administratiewe setel of prefektuur van Auvergne is Clermont-Ferrand wat vroeër ook as die historiese provinsie se hoofstad gefungeer het.
Auvergne
| |
---|---|
Départements | Allier (03) Cantal (15) Haute-Loire (43) Puy-de-Dôme (63) |
Prefektuur | Clermont-Ferrand |
Bevolking | 1 339 247 inw. (2007) |
Bevolkingsdigtheid | 51 inw./vk km |
Oppervlakte | 26 013 vk km |
Arrondissemente | 14 |
Kantons | 158 |
Munisipaliteite | 1 310 |
President van Gewestelike Raad | René Souchon (PS) |
Die gewes, wat uit die vier départements Allier, Cantal, Haute-Loire en Puy-de-Dôme bestaan, is met sy bergspitse en gebluste vulkane, mere en weivelde grotendeels 'n ongerepte natuurgebied wat soos 'n bergvesting in die hart van Frankryk lê. Auvergne is ook die brongebied van talle riviere.