From Wikipedia, the free encyclopedia
Die BMW N74 is 'n dubbelturbo V12-petrolenjin wat die N73 vervang het en sedert 2008 vervaardig word. Produksie sal in 2023 gestaak word.[1] Dit is BMW se eerste turboaangedrewe V12-enjin en word ook in verskeie Rolls-Royce-modelle gebruik.
In vergelyking met sy natuurlik-geaspireerde BMW N73-voorganger, beskik die N74 oor tweelingturbo-aanjaers. Die turboaanjaers is aan die buitekant van die enjin geleë en lewer 'n hupstootdruk van 11.6 psi (0.8 bar).[2]
Soos sy voorganger het die N74 direkte inspuiting, DOHC en veranderbare kleptydreëling (wat deur BMW dubbel-VANOS genoem word).[3] Die N74 het egter nie 'n veranderlike kleplig nie (wat deur BMW Valvetronic genoem word).[4]
Die N74 is BMW se eerste gebruik van 'n 8-gang outomatiese ratkas, in die vorm van die ZF 8HP90. [2]
Enjin | Verplasing | Krag | Wringkrag | Jaar |
---|---|---|---|---|
N74B60 [5] | 5972 cc | 400 kW teen 5 250 rpm | 750 Nm teen 1 500–5 000 rpm | 2009 – hede |
N74B66 | 6592 cc | 420 kW teen 5 250 rpm | 780 Nm teen 1 500–5 000 rpm | 2009 – hede |
465 kW teen 5 600 rpm | 800 Nm teen 1 500–5 500 opm | 2013 – hede | ||
442 kW teen 5 250 rpm | 840 Nm teen 1 500 rpm | 2016 – hede | ||
N74B66TU | 449 kW teen 5 500 rpm | 800 Nm teen 1 500 rpm | 2016 – hede | |
N74B68 | 6749 cc | 420 kW teen 5 250 rpm | 900 Nm teen 1 500 rpm | 2017-hede |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.