Baba
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Baba (van die Maleise baba of moontlik Engelse baby)[1] is die jong nakomeling van ’n mens. Die term word ook gebruik vir ’n kleinserige persoon of nielewende vertroeteling.[2]
’n Pasgeborene is ’n baba wat net ure of dae oud is. Voor geboorte word daarna as ’n fetus verwys. Die term "baba" word gewoonlik gebruik vir ’n kind wat tot ’n jaar oud is; definisies verskil egter en kan kinders tot sowat twee jaar insluit. Wanneer ’n baba begin loop, word die term kleuter eerder gebruik.