From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Bandjielose rok of top is 'n kledingstuk wat rondom die boonste deel van die liggaam sit, sonder skouerbande of enige ander sigbare manier van ondersteuning. Dit word gewoonlik ondersteun deur 'n interne korset en/of brasserie, met die noupassendheid van die lyfie wat voorkom dat die rok uit posisie gly.[1]
Sedert hul bekendstelling, het bandjielose klere hulsef as problematies bewys in baie kontekste. In die vroeë 21ste eeu, het baie skole en werkplekke spesifiek bandjielose klere as deel van hul kleredrag verbied. 'n Adecco opname wat gepubliseer is in The Wall Street Journal in 2012 het aangedui dat 72% van Amerikaners gedink het bandjielose toppe is onvanpas as kantoordrag.[2]
Bandjielose rokke kan uitgesonder word vir spesifieke sensuur deur predikante en geestelikes. In 2005 het 'n Moslemgeestelike verklaar bandjielose klere is "satanisties", saam met ander onthullende klere soos minirokke en deursigtigte klere.[3] Die Latter-day Saints verklaar dat die klere 'n "gruwel in die oë van die Here" is.[4] Sulke menings is nie noodwendig dié van die meerderheid van hulle wat verband hou met godsdiens nie, hoewel 'n algemene reël is dat bandjielose klere slegs aanvaarbaar is in godsdienstige kontekste, soos die Rooms-Katolieke kerke of Joodse bat mitzvahs as die skouers en arms bedek is.[5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.