From Wikipedia, the free encyclopedia
Boehmiet (ook: Böhmiet) is 'n mineraal met formule AlO(OH). Die chemiese naam is aluminiumoksiedhidroksied. Diaspoor is 'n allotroop.
Boehmiet | |
---|---|
Formule | AlO(OH) |
Nickel-Strunz (10) | 4.FE.15 |
Kleur | wit, grysbruin |
Streep | wit[1] |
Glans | glasagtig, pêrelagtig |
Hardheid | 3,5 (Mohs) |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1.644 - 1.548 nβ = 1.654 - 1.657 nγ = 1.661 - 1.668 |
Ruimtegroep | Amam |
Eenheidsel | a = 3.693(1) Å, b = 12,221(w) Å,c = 2.865(1) Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Die mineraal is 'n belangrike onderdeel van die aluminiumerts bauxiet, saam met gibbsiet, diaspoor, kaoliniet en oksihidroksiede van yster en titaan. [2]
Boehmiet het 'n ortorombiese kristalstruktuur wat aan die ruimtegroep Cmcm behoort. (Soms word die asse anders gekies en word dit as Amam weergegee.) Die struktuur bestaan uit dubbellae van AlO4(OH)2-oktaëders wat rande met mekaar deel. Die lae se oppervlakte bevat die -OH hidroksielligande Hierdie lae word in die b-rigting net deur waterstofbinding bymekaar gehou. Dit maak die (010)-vlak die oorheersende oppervlakte van boehmietkristalle.[3]
As boehmiet gevorm word hang die kristalgroei baie af van die heersende omstandighede. 'n Lae pH byvoorbeeld sorg eers vir groei in die [101]-rigting, maar later in die [010] waardeur dikker plate kan ontstaan.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.