Klep trein konfigurasie From Wikipedia, the free encyclopedia
Bonokas,[1][2] algemeen afgekort as BNA of (en) OHC, is 'n enjinklepmeganisme waar die nokas van 'n binnebrandenjin binne die silinderkoppe (bo die suiers en ontbrandingskamers) geplaas is, en waardeur die kleppe op 'n meer direkte wyse aandryf word in vergelyking met oorhoofse kleppe (OHV) en stootstange.
Enkelbonokas (EBNA of SOHC (en) ) is 'n ontwerp waarin 'n enkele nokas binne die silinderkop geplaas is. In 'n inlynenjin, beteken dit daar is een nokas in die kop, terwyl in 'n enjin met meer as een silinderkop, soos 'n V-enjin of 'n horisontaal-gekantelde enjin (bokser of platenjin), daar twee nokaste is: een per silinderbank.
In die EBNA-ontwerp, werk die nokas direk op die kleppe, tradisioneel via bakkievormige klepligters; of via 'n tussenganger kantelarm. EBNA-silinderkoppe is oor die algemeen goedkoper om te vervaardig as dubbelbonokas (DBNA)-silinderkoppe.
'n Dubbelbonokas (DBNA of (en) DOHC) klepwerkuitleg word gekenmerk deur twee nokaste wat binne die silinderkop geleë is, waar een die inlaatkleppe en die ander die uitlaatkleppe bewerk. Hierdie ontwerp verminder klepwerktraagheid meer as wat die geval is met 'n SOHC-enjin, aangesien die kantelarms kleiner of selfs uitgeskakel word. 'n DBNA-ontwerp laat ook 'n wyer hoek toe tussen die inlaat- en uitlaatkleppe as wat EBNA-enjins doen.
Getande tydreëlbande, van rubber en kevlar gemaak, word algemeen gebruik om bonokasenjins se tyd te reël.[3][4] In vergelyking met ander nokasstelsels, het tydreëlbande lae ontwerp-, ingenieurs- en produksiekoste, lae geraas, lae massa (en gevolglik lae traagheid), lae ruimtevereistes, en geen behoefte aan smering nie.[5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.