Seeslakke (Caenogastropoda) is 'n subklas seediere wat aan die Klas van slakke (Gastropoda) behoort. Seeslakke word gevind in alle mariene habitats, van strandmere, kus en oseaan bodems. Almal het 'n dop wat uit proteïne en chitin bestaan en versterk is met kalsiumkarbonaat. Verdraaiing van die lyf van 180 ° vind plaas gedurende die ontwikkelingsfase sodat die kieu en anus hoër as die kop is. Dit voorkom dat die water wat hulle gebruik om suurstof van te verkry besmet raak deur afvalstowwe afgeskei deur hul self. Die meeste seeslakke kan hul self terug trek in hulle doppe en die opening seel met 'n operkulum wanneer hulle bedreigd voel of inaktief is. Baie seeslakke is herbivore en vreet seegras. Ander is karnivore en het 'n snuif orgaan om te ruik vir chemiese reuke afgegee deur hulle prooi. Party seeslakke het 'n radula wat deur die doppe van hul prooi kan boor waarna hulle 'n suigbuis deur die opening steek om die prooi se vleis uit te suig.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Seeslakke
Thumb
Verskeie voorbeelde van Caenogastropoda
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Caenogastropoda
Sluit

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.