Calvados (département)
Franse departement / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die département Calvados (Normandië, Noord-Frankryk) is tydens die Franse Rewolusie op 4 Maart 1790 gestig. Dit is vandag 'n deel van die région Basse-Normandie, met 'n oppervlakte van 5 548 km² en 648 000 inwoners (1999).
Calvados (14) | |
---|---|
Gewes | Normandië |
Prefektuur | Caen |
Onderprefekture | Bayeux, Lisieux, Vire |
Bevolking | 664 000 inw. (2005) |
Bevolkingsdigtheid | 120 inw./vk km |
Oppervlakte | 5 548 vk km |
Arrondissemente | 4 |
Kantonne | 49 |
Munisipaliteite | 705 |
President van die Conseil général |
Anne d'Ornano |
Die département kry sy Spaanse naam van die skip "El Salvador" wat as deel van die Spaanse Armada na Engeland gestuur is. In 1588 vergaan die skip aan die rotsagtige Normandiese kus. Die volkstaal het van die naam "Calvador" gemaak en eers die rotse, later die kusgebied en uiteindelik ook die département die naam "Calvados" gegee. Ook die Normandiese brandewyn wat van sider gebrand word kry die naam Calvados. Die Calvados word hier puur as trou Normand of as pommeau (met appelsap) gedrink. Die inheemse fynproewers flambeer ook graag hulle appeltert met 'n glasie Calvados.
Frankryk het meer as 350 kaassoorte, en drie beroemdes, die Camembert, die Livarot en die Pont l'Evêque is spesialiteite van die département Calvados.