From Wikipedia, the free encyclopedia
Cape Tribulation is 'n landpunt (kaap) in noordelike Queensland, Australië, noord van Cairns. Dit is geleë binne die Daintree Nasionale Park en die "Wet Trope" Wêrelderfenisgebied. Die gebied bevat 'n klein aantal toerisme- en rugsakreisigeroorde. 'n Teerpad verleen toegang vanaf die suide via die Daintree-rivier veerboot. Noord vanaf die Cape Tribulation Strandhuis is 'n grondpad vir vierwielaangedrewe voertuie, bekend as Bloomfield Track; dit loop verder na die Bloomfieldrivier, Wujal-Wujal, Bloomfieldvalle en Cooktown en is dikwels tydens die nat seisoen (Feb-Apr) gesluit.
Die tradisionele inwoners van die gebied is die Kuku Yalanji-stam. Die kaap is benoem deur die Britse ontdekkingsreisiger James Cook op 10 Junie 1770 nadat sy skip op 'n rif daarnaby op die rotse gestrand het. "Tribulation" beteken beproewing.[1]
In 2006 was die aangetekende reënval meer as 6.5 meter en die meeste mense verkies om die gebied in die droë seisoen tussen Julie en November te besoek. Tydens die nat seisoen is giftige jellievisse volop in die seewater en swem besoekers in die baie rivierstrome wat nie krokodille bevat nie. Daar is vier hoofoorde waar mense kan vertoef. Die dorp het ook twee klein supermarkte, twee kitsbanke, 'n kitskoswinkel en vyf restourante.
Die Groot Koraalrif is sowat 19 km reg oos van hier en daar is twee huurbote wat vanaf die strand soontoe vertrek. Tipiese aktiwiteite wat beskikbaar is, is onder andere begeleide nagwandelinge, vierwieltoere, perdry, kanovaart en krokodilbesigtigingstoere.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.