Carlo Bergonzi
Italiaanse opera tenoor / From Wikipedia, the free encyclopedia
Carlo Bergonzi (13 Julie 1924 – 25 Julie 2014)[1] was 'n Italiaanse opera tenoor. Alhoewel hy belcanto en verismo rolle vertolk het word hy veral geassosieer met die operas van Giuseppe Verdi, insluitende baie van die komponis se minder bekende werke. Hy het sodoende tot die herlewing van verskeie van sy minder bekende werke bygedra. Hy het deur sy loopbaan meer as veertig rolle vertolk.[2][3]