Ceriantharia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ceriantharia (ook silinderrose en viltkokeranemone genoem) is ’n subklas van Anthozoa wat baie soos seeanemone lyk. Hulle kom alleen voor en is begrawe in sagte sediment. Hulle woon in silinders en kan hulle daarin terugtrek; die silinders bestaan uit veselagtige materiaal wat deur organelles afgeskei word.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subordes ...
Ceriantharia | |
---|---|
’n Cerianthus-spesie. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | Ceriantharia |
Subordes | |
Sien teks. |
Sluit
Silinderrose het ’n kroon van tentakels wat uit twee kranse bestaan met tentakels van verskillende groottes. Die buitenste krans het groot tentakels wat uitwaarts strek. Dit word dunner na die punte en word meestal gebruik vir die vang van kos en vir verdediging. Die kleiner, binneste tentakels word regop gehou en gebruik vir die hantering van kos en vir spysvertering.[1]