![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3b/Nomos_Chalidikis.png/640px-Nomos_Chalidikis.png&w=640&q=50)
Chalkidiki
From Wikipedia, the free encyclopedia
Chalkidiki (Grieks: Χαλκιδική) is ’n noordelike skiereiland en streeksdistrik van Griekeland. Dit is deel van die streek Sentraal-Masedonië. Dit word ook Halkidiki of Chalcidice gespel. Die outonome Berg Athos is deel van die skiereiland, maar nie van die streeksdistrik nie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3b/Nomos_Chalidikis.png/640px-Nomos_Chalidikis.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/26/Mount_Athos_by_cod_gabriel_25.jpg/640px-Mount_Athos_by_cod_gabriel_25.jpg)
Chalkidiki strek uit in die Egeïese See en lyk soos ’n hand met drie vingers, hoewel die Grieke daarna verwys as "bene": Kassandra, Sithonia en Berg Athos. Die Cholomontas-berge lê in die noordsentrale deel. Chalkidiki grens in die noorde aan die Thessaloniki-streeksdistrik.
Chalkidiki se hoofstad is Polygyros, in die middel van die skiereiland, wat ’n gewilde vakansiebestemming is.