Die huidige kerkgebou van die NG gemeente Graaff-Reinet is opgerig van 1885 tot 1887 volgens die plan van James Bisset,[1] hoewel heelwat bronne die ontwerp aan Freeman toeskryf.
Die ou Standard bank-gebou in Adderleystraat, Kaapstad, word beskou as een van Freeman se mooiste geboue.
Die huidige kerkgebou van die NG gemeente Beaufort-Wes, waarvan die hoeksteen in Oktober 1892 gelê is. Sommige bronne wil dit hê dat Freeman die kerk ontwerp het, maar dit is opgerig volgens die ontwerp van die Kaapse argitek en siviele ingenieur James Bisset, wat ook verantwoordelik was vir Beaufort-Wes se stadhuis, nou die museum.