Suid-Afrikaanse sanger From Wikipedia, the free encyclopedia
Chris Chameleon (1971-) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, akteur en liedjieskrywer. Hy is op 28 Julie 1971, as Chris Mulder in Johannesburg gebore. Hy het in 1989 begin optree toe hy die eerste Dalro- Nasionale Akteurskompetisie gewen het. In die volgende vyf jaar het hy in meer as 20 televisiereekse gespeel. Hy was ook die hoofsanger van 'n musiekgroep met die naam Blue Chameleon, vanaf 1990 tot 1995, waarna hy Nederland toe is om daar vir 'n teatermaatskappy te werk.
Chris Chameleon | |
---|---|
Chris Chameleon in Mosselbaai, Suid-Afrika, Desember 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Chris Mulder |
Ook bekend as | Chris Chameleon |
Gebore | 28 Julie 1971 Johannesburg |
Genres | Volksmusiek Afrikaans |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2003 — hede |
Webwerf | www.chrischameleon.com |
In 1996 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en twee jaar lank agter die skerms as assistentregisseur gewerk. Aan die einde van 1997 het hy weer op die verhoog verskyn, as die voorman van die monki-punk-groep Boo!. Die groep het baie gewild geword, sowel in Suid-Afrika as in Europa. In die eerste 7 jaar van hulle bestaan het Boo! meer as 800 vertonings in 17 lande uitgevoer, insluitende Hongarye, Kroasïe en 14 van die Verenigde State van Amerika. Boo! het by vele Europese en Amerikaanse musiekfeeste opgetree met, onder andere, die White Stripes, Limp Bizkit, Slipknot, Franz Ferdinand, Cypress Hill en Coldplay. Die groep het ook ‘n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) vir Beste Popalbum in 2002 ontvang.
Tydens 'n Boo!-toer in Nederland het Chameleon 'n dokumentêre program oor Ingrid Jonker gesien: Het Uur van de Wolf. Toe die vervaardigers van 7de Laan hom vra om 'n liedjie van 'n Afrikaanse digter te toonset en in die sepie te sing, het hy op 'n gedig van Jonker besluit. Later in 2005 het hy die album Ek Herhaal Jou uitgebring met gedigte van Jonker wat hy getoonset het. Die album het goue status behaal (meer as 25 000 CD's verkoop) en Chameleon het in dié jaar landwyd daarmee getoer.
In Junie 2006 het hy die Engelse album Shine uitgereik. Later die jaar het die vervaardigers van 7de Laan hom genooi om weer in die sepie te speel. Die Afrikaanse album 7de Hemel, wat in dieselfde jaar uitgereik is en platinumstatus behaal het (meer as 50 000 CD's verkoop), bevat liedjies wat sy karakter Liam in die sepie gesing het.
In 2010 ontvang hy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste kontemporêre album (Afrikaans) vir Kyk Hoe Lyk Ons Nou.[1]
Sedertdien het verskeie CD’s en DVD’s van hom verskyn, waaronder Droomland (2013), wat hy saam met die Drakensberg-seunskoor opgeneem het.[2]
By die 2009 Cultivariafees het Chameleon sy nuwe feesproduksie, Voila gepremier. Voila bestaan uit Chameleon se musiek, meesterlik getoonset deur Jonathan Crossley. In Voila deel Chris die verhoog met die klassieke kitaarspelers James Grace en Jonathan Crossley.
Chris Chameleon het in Februarie en Maart ‘n uitgebreide teatertoer na Nederland onderneem. Saam met die bekende Nederlandse sangeres en aanbiedster, Leoni Jansen, het hulle hul produksie Ja Gesê in 28 teaters in Nederland uitgevoer. In April 2012 voer Chris die produksie Droomland op saam met die Suid-Kaapse Kinderkoor, dieselfde jaar het hy die produksie ook by die Innibos Kunstefees opgevoer saam met die Drakensbergse Seunskoor. In 2013 by die Innibos Kunstefees, het Chris 'n eenmantoneelstuk, Man, opgevoer, 'n opvolgproduksie van sy debuut teaterproduksie, Boy.
Chris het sy verskyning in die SABC 3 televisiereeks Sober Companion gemaak as die tragiese, dwelmverslaafde popheld Rory Kruger. In Maart 2015, het Chris ook deur Namibië gereis vir die vervaardiging van ‘n dokumentêr oor Afrikaans in Namibië wat geskeduleer in Augustus 2015 op KYKnet vertoon het. Chris was ‘n aanbieder in die De Kat televisiereeks op Kyknet en het ook in die reeks Rugby Motors (geskryf deur Louw Venter) in November 2012 verskyn.
In Maart 2013 het Chris het die die rol van ‘n popster genaamd Sarel Fourie in die fliek Fanie Fourie’s Lobola. Chris, Hunter Kennedy en Fred den Hartog (van Die Heuwels Fantasties) het die lirieke en musiek geskryf vir Sarel Fourie se popliedjies in die fliek. In Maart 2013 sy eie album Dinky uitgereik het en Chris was genomineer vir ‘n Tempo Toekenning vir sy rol as Sarel Fourie.
In 2014 na was hy deel van die verfilming van die rolprent Suurlemoen, waarin hy die karakter van Mnr. Marx, 'n onderwyser, vertolk het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.