Christopher Lee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir Christopher Lee, CBE, CStJ (27 Mei 1922 – 7 Junie 2015) was ’n Engelse akteur, sanger en skrywer. Met ’n loopbaan van nagenoeg 70 jaar het Lee aanvanklik die rolle van skurke vertolk en het hy bekendheid verwerf vir sy rol as Graaf Dracula in ’n reeks Hammer Riller-rolprente. Sy ander rolle sluit Francisco Scaramanga in die James Bond-rolprent The Man with the Golden Gun (1974), Saruman in The Lord of the Rings-rolprenttrilogie (2001–2003) en The Hobbit-rolprenttrilogie (2012–2014) en Graaf Dooku in die laaste twee van die Star Wars-voorlopertrilogie (2002 en 2005) in.
Christopher Lee | |
Lee by die Berlynse Internasionale Filmfees in 2013 | |
Geboortenaam | Christopher Frank Carandini Lee |
---|---|
Geboorte | 22 Mei 1922 Belgravia, Londen |
Sterfte | 7 Junie 2015 (op 93) Chelsea, Londen |
Nasionaliteit | Engels |
Beroep(e) | Akteur, sanger, skrywer |
Aktiewe jare | 1946 tot 2015 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Christopher Lee | |
---|---|
Lojaliteit | Finland Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Finse Weermag (1939) Britse Tuiswag (1940) Koninklike Lugmag (1941–1946) |
Jare in diens | 1939–1946 |
Rang | Luitenant |
Veldslae/oorloë | Winteroorlog Tweede Wêreldoorlog Noord-Afrikaanse Veldtog Geallieerde Inval in Italië Slag van Montecassino |
Lee is in 2009 tot ridder geslaan vir sy dienste tot drama en liefdadigheid, het die BAFTA Genootskap in 2011 ontvang en die BFI Genootskap in 2013.[1][2][3] Lee het sy beste vertolking as dié van die stigter van Pakistan, Mohammed Ali Jinnah, in die biografiese prent Jinnah (1998) beskou terwyl hy die Britse riller The Wicker Man (1973) as sy beste rolprent beskou.[4]
Lee was altyd as akteur uitgeken aan sy diep sterk stem maar hy was ook bekend vir sy sangvermoë en hy het deelgehad aan verskeie opera- en ander opnames tussen 1986 en 1998 waaronder die simfoniese metal-album Charlemagne: By the Sword and the Cross in 2010 nadat hy sedert 2005 met verskeie metal-groepe saamgewerk het. Die heavy metal-opvolg met die titel Charlemagne: The Omens of Death is op 27 Mei 2013 vrygestel.[5][6] Hy is in 2010 met die “Gees van Metal”-toekenning tydens die Metal Hammer Golden God-plegtigheid vereer.