Dan Sleigh
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Daniel Sleigh (1938 - 2023) was 'n geskiedkundige en Afrikaanse skrywer van gedigte, jeugverhale, romans en historiese werke. Met sy skryfwerk het hy benewens ander toekennings ook die W.A. Hofmeyr-prys, die Universiteit van Johannesburg-prys, die M-Net-prys, die Helgaard Steyn-prys, die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings se K. Sello Duiker-prys en die ATKV-Prosaprys verower. Hy het ook verskeie romankompetisies gewen. Sleigh se Eilande, in Engelse vertaling (Islands), word gelys as een van die "1001 Boeke om te Lees Voordat Jy Sterf."[2]