Daniël François Malan
Suid-Afrikaanse eerste minister (1874-1959) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Daniël François Malan (22 Mei 1874 – 7 Februarie 1959, Stellenbosch) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Malan is naby Riebeek-Wes in die Kaapkolonie gebore en was 'n kindervriend van sy lewenslange opponent generaal Jan Christian Smuts en het 'n tyd lank selfs dieselfde skool as Smuts bygewoon.
Kitsfeite Monarg, Goewerneur-generaal ...
Daniël François Malan | |
Eerste Minister D.F. Malan | |
Ampstermyn 4 Junie 1948 – 30 November 1954 | |
Monarg | George VI Elizabeth II |
---|---|
Goewerneur-generaal | Gideon Brand van Zyl E.G. Jansen |
Voorafgegaan deur | Jan Christian Smuts |
Opgevolg deur | Johannes Gerhardus Strijdom |
Minister van Binnelandse Sake, Onderwys en Openbare Gesondheid | |
Ampstermyn 30 Junie 1924 – 20 Mei 1933 | |
Eerste minister | Barry Hertzog |
Voorafgegaan deur | Patrick Duncan |
Opgevolg deur | Jannie Hofmeyr |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 22 Mei 1874 Riebeek-Wes, Kaapkolonie |
Sterf | 7 Februarie 1959 (op 84) Stellenbosch, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Martha van Tonder Maria Malan |
Kind(ers) | Twee seuns |
Alma mater | Victoria-kollege |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
Sluit
Dr. D.F. Malan was die leier van die Nasionale Party wat in 1948 die Verenigde Party by die stembus verslaan het en begin het met die invoer van die beleid van apartheid.