Danfred James Titus, (19 Mei 1957 – 18 September 2020) was 'n Suid-Afrikaanse Menseregtekommissaris en uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV. Hy was gereken as ‘n kampvegter om Afrikaans toeganklik en inklusief te maak.[1]
Danny Titus | |
---|---|
Gebore | Danfred James Titus 19 Mei 1957 |
Sterf | 18 September 2020 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Regsgeleerde, taalstryder, historikus |
Eggenoot | Lynda |
Kinders | Daléne en Neriska |
Lewensloop
Hy het in 1982 'n LLB-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal het en die jaar daarna as 'n advokaat tot die Hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat.[2] Hy werk hierna as staatsaanklaer in die departement van justisie in Boksburg.[3]
Hy vertrek in 1987 na Nederland om verder te studeer aan die Universiteit van Leiden[4] waar hy in 1991 sy Doctorandus Juris (LLM) verwerf. Die titel van sy doktorale verhandeling is: “The applicability of the international norms of human rights to the South African legal system – with specific reference to the South African Judiciary.” In 1993 verwerf hy ook ’n sertifikaat in internasionale verhoudinge en diplomatieke praktyk aan die Clingendael International Relations Institute in Den Haag. Dit was ter voorbereiding van ’n moontlike loopbaan in Suid-Afrika se ná-apartheid diplomatieke diens, 'n geleentheid wat hom egter altyd sou ontwyk.[5]
Die laaste dekade van sy lewe het hy gewy aan die bevordering van menseregte, die DAK-netwerk en veral sy rol as leidende figuur in die ATKV.[6] Hy was die uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV tot met sy aftrede in Mei 2020.[7]
Dr. Titus het op 28 Julie 2020 in ’n koma verval nadat komplikasies ingetree het tydens 'n operasie om 'n katarak te verwyder. Hy sterf op 18 September 2020.[8] Hy word oorleef deur sy twee dogters Daléne en Neriska.[9]
Nalatenskap
In Februarie 2020 word die Vryheid van die dorp Worcester, sy tuisdorp, aan hom toegeken as deel van die dorp se 200ste verjaarsdagviering.[10]
Die ATKV het hulde gebring aan Titus vir sy bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse kultuur.[11] Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê dat sy afsterwe ’n groot leemte laat en dat dit ’n baie hartseer dag is. Volgens Brits: “Die afgelope 12 jaar het hy hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en hiervoor sal hy onthou word.” [12]
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.