From Wikipedia, the free encyclopedia
Denise Ann Darvall (27 Februarie 1942 – 3 Desember 1967) was die skenker vir die eerste menslike hartoorplanting wat onder leiding van dr Chris Barnard op 3 Desember 1967 in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad uitgevoer is.[1]
Denise Darvall | |
---|---|
Gebore | Denise Ann Darvall 27 Februarie 1942 |
Sterf | 3 Desember 1967 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Bekend vir | Eerste hartskenker |
Darvall was ernstig beseer in 'n motorongeluk in Observatory, Kaapstad. Denise se ma is op slag dood in die ongeluk. Denise het skedelbreuk opgedoen en het ernstige kopbeserings gehad. Sy is deur lewensondersteunede apparaat aan die lewe gehou en was breindood verklaar. Teen 09h00 van die dag van die ongeluk het die dokters besluit om pogings om haar by te bring, te staak.[2]
Na Denise se pa toestemming verleen het is haar hart geskenk vir die oorplanting op Louis Washkansky. Haar niere word geskenk vir die 10 jarige Jonathan van Wyk. Weens apartheid was die nierskenking aan Van Wyk kontroversieël,[3] aangesien die seun as 'n Kleurling geklassifiseer was en Denise as Blank.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.