Duitse veeldoelige vliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Dornier Do 228 is 'n tweemotorige turboskroef veeldoelige vliegtuig wat deur Dornier GmbH (later DASA Dornier, Fairchild-Dornier) vanaf 1981 tot 1998 vervaardig is. In 1983 het Hindustan Aeronautics (HAL) 125 vliegtuie onder lisensie vervaardig. Daar is 245 eenhede in Oberpfaffenhofen, Duitsland en 125 eenhede in Kanpur, Indië vervaardig. In Julie 2017 was daar nog 63 van die vliegtuie in diens.
Dornier Do 228 | |
---|---|
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | Dornier GmbH RUAG |
Nooiensvlug | 28 Maart 1981 |
Bekendstelling | Julie 1982 |
Status | Aktief |
Hoofgebruikers | Indiese Vloot Indiese Lugmag Bangladesji Vloot |
Vervaardig | Dornier: 1982–1997 HAL: 1985–tans RUAG: 2010–tans |
Aantal gebou | Dornier: 245[1] HAL: 125.[2] |
Eenheidskoste | vanaf $8.7 miljoen (2011)[3] |
Ontwikkel van | Dornier Do 28 |
Die Switserse maatskappy RUAG het in 2009 vervaardiging van die Do-228 oorgeneem. Hulle het 'n nuwe weergawe die Do-228NG (New Generation) vrygestel wat opgradeerde motors en skroewe het asook 'n glaskajuit insluit. Die vliegtuie word in die oorspronklike Dornier-fabriek, wat in Oberpfaffenhofen, Beiere, Duitsland geleë is, gebou met onderdele uit Duitsland en van HAL in Indië.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.