Douglas Charles Howlett (gebore 21 September 1978) is 'n voormalige Nieu-Seelandse professionele rugbyspeler. Hy het hoofsaaklik as 'n vleuel gespeel, maar soms ook as 'n heelagter.
| |||||
Doug Howlett in 2015 | |||||
Volle naam | Douglas Charles Howlett | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 21 September 1978 | ||||
Geboorteplek | Auckland, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 93 kg | ||||
Skool | Auckland Grammar School | ||||
Vername familie | Phil Howlett (broer) | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, Heelagter | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996–2007 1997 1998 1999–2007 2008–2013 |
Auckland Highlanders Hurricanes Blues Munster Rugby |
55 2 5 97 112 |
(245) (15) (5) (275) (175) | ||
korrek soos op 22 Junie 2019. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1997–1999 2000–2007 |
Nieu-Seeland o/21 Nieu-Seeland |
13 63 |
(70) (245) | ||
korrek soos op 22 Junie 2019. |
Hy het vir Auckland, Highlanders, Hurricanes en Blues in Superrugby gespeel. Hy het sy loopbaan by Munster in Ierland voltooi.[1]
Met 49 drieë in 62 toetse is Howlett tans die sewende hoogste driedrukker in die rugbygeskiedenis en die topdriedrukker vir Nieu-Seeland.[2][3] Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2003 en 2007 vir Nieu-Seeland uitgedraf.
Howlett, gebore in Auckland, Nieu-Seeland, het May Road School en Mt Roskill Intermediate School bygewoon. Hy is van Tongaanse afkoms, met wortels in die klein kusdorpie Kolonga. Hy het begin rugby speel by Auckland Grammar School, waar hy ook 'n ster naelloper, kaptein van die atletiekspan en, tydens sy laaste jaar in 1996, hoofseun was. Hy het met groot effek van sy spoed as naelloper (hy het eenkeer 'n persoonlike beste van 10.94 sekondes vir die 100 meter in 'n onder 20 atletiekkampioenskap in 1998 behaal) in sy rugbyloopbaan gebruik gemaak.[4][5][6][7]
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.