sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Duif (Latyn: Columba) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat laat in die 16de eeu geskep is. Dit lê net suid van die Groot Hond en die Haas.
Duif | ||||
Latynse naam | Columba | |||
Genitief | Columbae | |||
Afkorting | Col | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 6h | |||
Deklinasie | -35º | |||
Grootte | 270 vk. grade (54ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Phact (α Col) | |||
Naaste ster | Gliese 218 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 18 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Haas, Graveerstif, Skilder, Agterdek, Groot Hond | ||||
|
Die sterrebeeld is in 1592 deur die Nederlandse sterrekundige Petrus Plancius geskep om die "ongevormde" sterre van die Groot Hond te onderskei. Hy het dit oorspronklik "Noag se Duif" genoem.[1]
Die Duif is taamlik onopvallend; die helderste ster, Alpha Columbae (α Col), het ’n helderheid van 2,65 mag. Die enigste ander ster met ’n naam is Beta Columbae, wat Wazn of Wezn genoem word (Arabies vir ’n gewig).
Die Duif bevat die drosterster Mu Columbae, wat waarskynlik uit die Iota Orionis-stelsel gewerp is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.