Duitstalige uitgawe van Wikipedia From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Duitstalige uitgawe van Wikipedia is op 16 Maart 2001 begin en is tans die 3de grootste aanlyn ensiklopedie volgens die aantal gepubliseerde artikels, na die Engelse en Cebuano Wikipedias.[1] Dit bevat tans 2 934 686 artikels.
Duitse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Duits |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 16 Maart 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | de.wikipedia.org |
Die Duitse Wikipedia was die eerste nie-Engelse Wikipedia wat geskep is. Dit is op 16 Maart 2001 deur Jimmy Wales aangekondig.[2] Die eerste bydrae op die Wikipedia word op 12 Mei 2001 gemaak.[3] Hoewel die Katalaanse Wikipedia eers later geskep is, was dit die eerste om nie-Engelse artikels te bevat.
Op 27 Desember 2009 het die Duitse uitgawe meer as 1 000 000 artikels gehad en op 19 November 2016 2 miljoen. 98% persent van die artikels het meer as 200 karakters gehad, 88% het meer as 512 grepe gehad, 42% was groter as 2 kB, en die gemiddelde artikel was 3698 grepe of 410 woorde lank.[4]
Datum | Aantal artikels |
---|---|
23 Maart 2001 | amptelike oprigting |
12 Mei 2001 | eerste operasie |
24 Januarie 2003 | 10 000 |
27 Julie 2003 | 25 000 |
8 Februarie 2004 | 50 000 |
13 Junie 2004 | 100 000 |
15 Februarie 2005 | 200 000 |
28 Junie 2005 | 250 000 |
7 Oktober 2005 | 300 000 |
18 Mei 2006 | 400 000 |
23 November 2006 | 500 000 |
18 Junie 2007 | 600 000 |
30 Januarie 2008 | 700 000 |
17 Mei 2008 | 750 000 |
6 September 2008 | 800 000 |
4 Mei 2009 | 900 000 |
27 Desember 2009 | 1 000 000 |
29 Julie 2010 | 1 100 000 |
9 Maart 2011 | 1 200 000 |
24 Junie 2011 | 1 250 000 |
16 Oktober 2011 | 1 300 000 |
30 April 2012 | 1 400 000 |
18 November 2012 | 1 500 000 |
24 Junie 2013 | 1 600 000 |
21 Maart 2014 | 1 700 000 |
25 Augustus 2014 | 1 750 000 |
15 Januarie 2015 | 1 800 000 |
23 Januarie 2016 | 1 900 000 |
19 November 2016 | 2 000 000 |
15 Augustus 2024 | 2 934 686 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.