From Wikipedia, the free encyclopedia
Edenvale is 'n dorp aan die Oos-Rand van Gauteng. Dit grens aan Kemptonpark in die noordooste en Bedfordview in die suide.
Edenvale | |
---|---|
Koördinate: 26°8′28″S 28°9′10″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Oppervlak | |
• Totaal | 20,03 km2 (7,73 vk. myl) |
Hoogte | 1 651 m (5 417 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 49 292 |
• Digtheid | 2 461/km2 (6 370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 66.1% |
• Indiërs/Asiërs | 8.7% |
• Bruin mense | 2.8% |
• Swart mense | 20.5% |
• Ander | 1.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 72.2% |
• Afrikaans | 11.6% |
• Zoeloe | 4.0% |
• Noord-Sotho | 2.0% |
• Ander | 10.2% |
Poskode (strate) | 1609 |
Poskode (posbusse) | 1610 |
Skakelkode | 010 |
Volgens die 2011-sensus het Edenvale 'n bevolking van 49 292 gehad, waarvan 66,1% Blankes was.[1] Engels (72,2%), Afrikaans (11,6%) en Zoeloe (4,0%) is die grootste huistale.
Dit het begin as 'n klein gehuggie in 1903 en is oorspronklik Rietfontein genoem, wat rondom die Rietfontein-goudmyn begin het. Die naam Edenvale kom waarskynlik van een van die eienaars van die plaas, John Eden. Die dorp het in 1942 munisipale status verkry. Edenvale lê tussen die O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Johannesburg. Dit is 'n gewilde dorp om in te woon weens sy sentrale ligging. Na die plaaslike verkiesing is Edenvale in 1995 saamgevoeg met o.a. Modderfontein en 'n gedeelte van Tembisa om die Lethabong Munisipaliteit te vorm. Dit het in 2000 deel geword van die groter Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, wat die groter Oos-Rand gebied insluit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.