Edith Raidt
taalkundige / From Wikipedia, the free encyclopedia
Edith Hildegard Raidt (* 29 Desember 1932 in Ellwangen, Duitsland) is wêreldwyd een van die mees gerekende Afrikaanse taalkundiges. Sy is veral bekend om haar navorsing en publikasies oor die geskiedenis van Afrikaans. Sy behaal haar M.A.-graad in 1962 in Afrikaanse letterkunde, en in 1965 promoveer sy aan die Universiteit van Kaapstad met ʼn taalkundeproefskrif oor die geskiedenis van die byvoeglike verbuiging in Nederlands en Afrikaans (in 1968 gepubliseer by Nasou). Haar baanbrekerswerk oor die geskiedenis en struktuur van dié taal is in 1983 gepubliseer.
Edith H. Raidt | |
---|---|
Gebore | Edith Hildegard Raidt 29 Desember 1932 (1932-12-29) (91 jaar oud) Ellwangen, Duitsland |
Nasionaliteit | Duitsland |
Beroep | Taalkundige |
Bekend vir | Navorsing oor geskiedenis van Afrikaans |
Naas Afrikaans lê ook die Rooms-Katolieke Kerk se geloofsbelydenis en liturgie na aan haar hart. Met haar vertalings van liturgiese werke het sy dit ook vir Afrikaanssprekendes toeganklik gemaak. Raidt het haar Christelike oortuigings ook oorgedra in ekonomiese vakgebiede soos bestuur. Haar werk oor Christelike ondernemingsbestuur volgens die konsep van pater Josef Kentenich het in Afrika, Suid-Amerika en Europa aanklank gevind. Sy het 'n instituut vir Christelike ondernemingsbestuur in die lewe geroep en in 1993 begin om haar eie tydskrif, Praxis, uit te gee. Raidt het vervolgens die eerste en tot dusver enigste Rooms-Katolieke universiteit in Suid-Afrika, die St. Augustine College of South Africa in Johannesburg, gestig.[1]