sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eenhoring (Latyn: Monoceros) is ’n dowwe sterrebeeld op die hemelewenaar. Die naam kom uit die Griekse mitologie en die skepping daarvan word toegeskryf aan die 17de-eeuse Nederlandse kartograaf Petrus Plancius.
Eenhoring | ||||
Latynse naam | Monoceros | |||
Genitief | Monocerotis | |||
Afkorting | Mon | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 7,15h | |||
Deklinasie | −5,74º | |||
Grootte | 482 vk. grade (35ste) | |||
Kwadrant | NQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Beta Monocerotis | |||
Naaste ster | Ross 614 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 16 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 32 | |||
Simboliek | Europese folklore | |||
Meteoorreëns | December Monocerids, Alpha Monocerids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Groot Hond, Klein Hond, Tweeling, Noordelike Waterslang, Haas, Jagter, Afterdek | ||||
|
Die Eenhoring kan nie maklik met die blote oog gesien word nie omdat dit nie helder sterre bevat nie. Alpha Monocerotis het ’n helderheid van 3,93 mag en is effens helderder as Gamma Monocerotis (3,98 mag). Met ’n klein teleskoop kan ’n paar interessante voorwerpe wel gesien word. Beta Monocerotis is ’n indrukwekkende driedubbele ster wat ’n driehoek vorm. Hul helderheid is 4,7, 5,2 en 6,1 mag. William Herschel het dit in 1781 ontdek en dit "een van die mooiste tonele in die lug" beskryf. Epsilon Monocerotis is ’n dubbelster met ’n helderheid van 4,5 en 6,5 mag.
V838 Monocerotis, ’n veranderlike rooi superreusester, het op 6 Januarie 2002 ’n uitbarsting gehad; in Februarie van daardie jaar het sy helderheid in een dag met ’n faktor van 10 000 toegeneem. Daarna het die Hubble-ruimteteleskoop ’n lig-eggo waargeneem wat die stof om die ster verlig het.[1] Die sterrebeeld bevat ook Plaskett se Ster, ’n massiewe dubbelster met ’n massa van sowat 100 sonmassas.
Die Eenhoring bevat twee planete: COROT-7b en COROT-7c. Eersgenoemde het ’n deursnee van 1,58 keer dié van die Aarde. Albei planete is in 2009 ontdek.
Die sterrebeeld het verskeie sterreswerms en newels, onder meer:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.