From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Emerson Strykkwartet, ook bekend as die Emerson Kwartet,[1] is 'n professionele Strykensemble – wat inwonend is by die Stony Brook Universiteit.[2][3]
Emerson Strykkwartet | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | Die Emerson Kwartet |
Oorsprong | New York Stad, Verenigde State |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Strykkwartet |
Instrumente | 2 viole, 1 altviool, 1 tjello |
Jare aktief | 1976–huidig |
Lede | Eugene Drucker Philip Setzer Lawrence Dutton Paul Watkins |
Gewese lede | Guillermo Figueroa Eric Wilson David Finckel |
Gedurende die 1980s[4] was die kwartet inwonend gewees by Die Hartt Skool wat geleë is in West Hartford, Connecticut.[5]Die strykensemble het die Amerikaanse digter en filosoof Ralph Waldo Emerson as naamgenoot geneem en was gevorm by die Juilliard Skool van musiek as 'n studente ensemble. Hulle het in 1976 professioneel geword, met beide van hul violiste wat onder die vlerk van die roemryke Oscar Shumsky gestudeer het om die beurt eerste en tweede violis gespeel het. Toe die Emerson Kwartet gevorm was, was dit een van die eerste musiekgroepe met die twee violiste wat om die beurt gespeel het as eerste en tweede violiste.[6]
Die Emerson Kwartet was in 2010 ingelyf in die Amerikaanse Klassieke Musiek Hall of Fame en Museum.[7] Teen 2014/15 het hulle meer as dertig plate vrygestel en nege Grammys gewen, sowel as die gesogte Avery Fisher-prys.[8][9][10]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.