Die Europese jaguar (Panthera (onca) gombaszoegensis) het sowat 1,5 miljoen jaar gelede geleef en is die oudste bekende Panthera-spesie van Europa. Fossieloorblyfsels is eerste in op die Olivola-terrein in Italië gevind, wat allereers onder die sinoniem Panthera toscana bekend gestaan het en ook in ander Italiaanse streke gevind is. Later is soortgelyke fossiele ook in Engeland, Duitsland, Spanje, Frankryk en Nederland opgegrawe. Dit word soms as 'n subspesies van die jaguar, Panthera onca, erken. [1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Europese Jaguar
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. gombaszoegensis
Binomiale naam
Panthera gombaszoegensis
Miklós Kretzoi, 1938
Sluit

Europese jaguars was groter gebou as dié wat in Suid-Amerika gevind is, en kon moontlik groter prooi plattrek. 'n Spesie soortgelyk aan die Panthera gombaszoegensis, wat uit die Pleistoseen Oos-Afrika dateer, het oor beide leeu- en tierkenmerke beskik.

Die Europese jaguar was moontlik 'n alleenlopende dier. Daar word dikwels aangevoer dat hierdie katsoort 'n bosbewoner was, ooreenkomstig met die gedrag en gewoontes van die moderne jaguar, hoewel onlangse bevindinge daarop dui dat die verbintenis tussen die Europese jaguar en woudgebiede nie soseer so sterk is as wat voorheen aangeneem is nie.[2]

Letterkunde

  • A. Turner: The big cats and their fossil relatives. Columbia University Press, 1997.ISBN 0-231-10229-1

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.