Fibonacci
From Wikipedia, the free encyclopedia
Leonardo van Pisa (geb. 1170 – † 1250), ook bekend as Leonardo Pisano, Leonardo Bonacci, Leonardo Fibonacci, was 'n Italiaanse wiskundige wat deur sommiges as die mees talentvolle wiskundige van die Middeleeue beskou word.[1]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Fibonacci | |
---|---|
Portret deur 'n onbekende kunstenaar | |
Gebore | Leonardo Bonacci ca. 1170 |
Sterf | ca. 1240 (omstreeks 70) waarskynlik Pisa, Italië |
Nasionaliteit | Italiaans |
Beroep | Wiskundige |
Bekend vir | Die Liber Abaci Fibonacci se getal Die bekendstelling van digitale notasie na Europa |
Ouer(s) | Guglielmo Bonacci (vader) |
Sluit
Fibonacci is die veral bekend in die moderne tye vir:[2]
- Die verspreiding van die Arabiese syferstelsel in Europa, hoofsaaklik deur die publikasie van sy boek oor berekening, die Liber Abaci in die vroeg dertiende eeu.
- 'n wiskundige ry getalle wat na hom vernoem is as die Fibonacci-getalle, alhoewel hy dit nie ontdek het nie, maar bloot as 'n voorbeeld gebruik het in sy boek, die Liber Abaci.[3]
In die ry van Fibonacci-getalle, word elke getal na die eerste twee bereken as die som van die voorafgaande twee getalle. Die ry is soos volg:
0, 1, 1, 2, 3, 5, 8, 13, 21, 34, 55, 89, 144, 233, ens.