François Bloemhof
Suid-Afrikaans skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
François Bloemhof is 'n bekroonde Afrikaanse skrywer, dramaturg, komponis en rolprentresensent. Bloemhof verwerf bekendheid as skrywer vir volwassenes, maar later ook vir tieners en die jeug. Hy skryf aanvanklik tydskrifverhale en debuteer in 1991 met Die nag het net een oog, wat die debuutprys in De Kat/Antenne/Sanlam se romanwedstryd ontvang. Dit word as die eerste Gotiese riller in Afrikaans beskou.[1] Hy het ook onder die skuilnaam Leo Bekker geskryf.
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
François Bloemhof | |
---|---|
Gebore | 15 September 1962 (1962-09-15) (61 jaar oud) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Webwerf | http://www.francoisbloemhof.net |
Sluit