From Wikipedia, the free encyclopedia
François Rabelais (Frans: [fʁɑ̃swa ʁablɛ]; gebore tussen 1483 en 1494; sterf in 1553) was 'n Franse Renaissanceskrywer, Renaissance-humanis, geneeskundige, monnik en Grieks-geleerde. Hy is bekend as 'n skrywer van satire, die groteske, skunnige grappe, en liedjies.
François Rabelais | |
---|---|
Gebore | tussen 1483 en 1494 Chinon, Koninkryk van Frankryk |
Sterf | Vóór 14 Maart 1553 (tussen 61 en 70-jarige leeftyd) Parys, Koninkryk van Frankryk |
Nasionaliteit | Frans |
Alma mater |
|
Beroep | Skrywer, geneeskundige, humanis, geestelike |
Beweging | Renaissance humanisme |
Noemenswaardige werke |
|
Hy was 'n Christen maar terselfdertyd ook anti-klerikaal, en is deur sommige as 'n vrydenker beskou; as sulks het hy die beeld van 'n "bon vivant" uitgestraal. Die veelvuldige fasette van sy persoonlikheid lei dikwels daartoe dat hy as 'n teenstrydige persoonlikheid beskou word. Hy was vasgevang in die godsdienstige en politieke onrus van die Reformasie, en was beide sensitief en krities teenoor die groot vraagstukke van sy tyd.
Hy was 'n bewonderaar van Erasmus en het beide parodie en satire geskryf. Daarmee het hy geveg vir verdraagsaamheid, vrede, 'n evangeliese geloof en vir die terugkeer na die kennis van die antieke Grieks-Romeinse wêreld. Hy het Plato se werke voorgestaan as 'n manier waarop die buitensporighede van Aristotelianisme teëgewerk kon word. Hy was, wat sy kritiek op die skolastiek en die monastiek betref, dit eens met die Protestantisme, maar die godsdienshervormer Johannes Calvyn het hom nogtans in 1550 aangeval.
Vanweë sy literêre- en historiese belang beskou Westerse kritici hom as van die grootste skrywers van die wêreldliteratuur en as een van die skeppers van moderne Europese letterkunde. [1] Sy bekendste werk is Gargantua en Pantagruel. Die verhale waaruit die werk bestaan; met hul reusagtige karakters, heroies-komiese parodieë, eposse en ridderlikheid, bied 'n voorskou op die realistiese-, satiriese- en filosofiese romankuns; dit word derhalwe gesien as een van die eerste moderne romans.
Sy literêre nalatenskap is van so 'n aard dat die woord "Rabelaisies" geskep is, geïnspireer deur sy werk en lewe. Die Webster's Dictionary definieer die woord as iemand of iets wat "gekenmerk word deur growwe, robuuste humor, uitspattige karikature of gewaagde naturalisme". [2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.