Fred Jeppe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Friedrich Heindrich Jeppe (noemnaam Fred of Frederick, Rostock, Duitsland, 25 Julie 1834 – Pretoria, 17 Julie, 1898) was ’n veelsydige Transvaalse amptenaar, kartograaf en kunstenaar. Hy het die onderskeiding dat hy die ZAR se eerste posseëls ontwerp het in die tyd toe hy van 1868 tot 1875 Transvaal se posmeester-generaal was.[1] Die gehuggie Jeppes Reef, 25 km suidoos van Kaapmuiden en 42 km oos van Barberton is na hom genoem.