Galatea (maan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Galatea (Grieks: Γαλάτεια), ook bekend as Neptune VI, is die vierde naaste maan van Neptunus. Dit is genoem na een van die 50 Nereïdes in die Griekse mitologie op wie die sikloop Polyphemus vergeefs verlief was.
Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...
Galatea soos gesien deur Voyager 2 (die verlenging is weens beweging) | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott[1] / Voyager 2 |
Datum | Julie 1989 |
Wentelbaaneienskappe[2] | |
Epog 18 Augustus 1989 | |
Halwe lengteas | 61 953 ± 1 km |
Wentelperiode | 0,42874431 ± 0,00000001 d |
Baanhelling | 0,052 ± 0,011° |
Satelliet van | Neptunus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 204×184×144 km (±~10 km)[3][4] |
Gem. radius | 88 ± 4 km[5] |
Volume | ~2,8×106km³ |
Massa | 2,12 ± 0,08 ×1018 kg[6] |
Gem. digtheid | ~0,75 g/cm³ (geraam)[5] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,0021 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | ~0,0021 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
Temperatuur | ~51 K (geraam) |
Skynmagnitude | 21,9[5] |
Sluit
Galatea is laat in Julie 1989 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1989 N 4 gekry.[7] Die ontdekking (IAUC 4824) is op 2 Augustus 1989 aangekondig, maar net "10 raampies wat oor 5 dae geneem is" word genoem; die ontdekking was dus die een of ander tyd voor 28 Julie. Die maan het op 16 September 1991 die naam Galatea gekry.[8]