Gesinsdag

Maandag ná Paasfees From Wikipedia, the free encyclopedia

Gesinsdag
Remove ads

Gesinsdag is die MaandagPaasfees. Die dag staan ook as Paasmaandag of Tweede Paasdag bekend en word algemeen in Christelike lande as 'n openbare vakansiedag waargeneem. Nes Welwillendheidsdag (Kersfees) en Pinkstermaandag vorm Gesinsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste.

Thumb
Lande met Paasmaandag as 'n vakansiedag in geel

Gesinsdag word onder andere in die lande Andorra,[1] Australië,[2] België, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Hongarye, Italië, Ierland, dele van Kanada,[3] Kroasië, Letland, Liechtenstein, Luxemburg, Monaco,[4] Nieu-Seeland,[5] Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, San Marino,[6] Swede, dele van Switserland, Slowenië, dele van Spanje (behalwe vir Andalusië), Suid-Afrika, Tsjeggië, die Verenigde Koninkryk, Ysland en ander lande van die Britse Statebond as 'n openbare vakansiedag waargeneem.

Remove ads

In die Oosters-Ortodokse Kerk

Thumb
Seën met heilige water tydens 'n optog in die Oosters-Ortodokse Helder Week (hier in Rusland)

In beide die Oosters-Ortodokse Kerk en Rooms-Katolieke Kerke volgens die Bisantynse Ritus word hierdie dag "Helder Maandag" of "Maandag van Vernuwing" genoem. Die liturgiese dienste, nes tydens die hele Helder Week, is heelwat anders as gedurende die res van die jaar en is soortgelyk aan die liturgiese dienste wat op Paasfees (die Paassondag) gehou word; dit sluit 'n optog volgens die Goddelike Liturgie in; terwyl dit vir elke dag van hierdie week voorgeskryf is, word dit dikwels net op Maandag gehou en dalk die een of ander dag in parogiale kerke, veral in nie-Ortodokse lande. Wanner die feesdag van 'n belangrike heilige, byvoorbeeld Sint Joris, of 'n beskermheilige van 'n kerk of een se naamdag in die Heilige Week op op Paassondag val, word die feesdag op Paasmaandag gevier.[7][8]

Die Siries-Ortodokse Kerk herdenk op Paasmaandag al die siele van dié wat gedurende die vorige jaar oorlede is.[9]

Remove ads

In Westerse lande

Thumb
Paasmaandag in Portugal

Vroeër het die feestlikhede ná Paasfees 'n week van sekulêre vieringe ingesluit, maar gedurende die 19de eeu is dit in die meeste lande na net een dag verminder. Van die tradisionele gebeurtenisse sluit in eierrol en, veral in Rooms-Katolieke lande, die besprinkeling van ander mense met water, wat tradisioneel die dag voorheen tydens die Heilige Mis op Paassondag met heilige water geseën en tuis toe geneem is om die huis en kos te seën.

Remove ads

Datums

Thumb
Toneel uit die Evangelie volgens Lukas 24,13:[10] in Emmaus erken die twee dissipels Jesus toe hy brood breek (olieverfskildery deur Abraham Bloemaert in 1622)

Die datum van Gesinsdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Gesinsdag op die dag ná Paassondag gehou. Die vroegste moontlike datum volgens die Gregoriaanse kalender is 23 Maart en die laaste moontlike is 26 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

Meer inligting Jaar, Weste ...

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads