Gibbons of langarmape is ape in die familie Hylobatidae. Die familie het histories uit net een genus bestaan, maar is nou verdeel in vier genera. Gibbons kom in tropiese en subtropiese reënwoude voor van Noordoos-Indië tot Indonesië en Noord- en Suid-China, insluitende die eilande Sumatra, Borneo en Java.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera ...
Gibbon
Thumb
Hylobates lar-gibbons
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:
Familie:
Hylobatidae

(John Edward Gray, 1870)
Genera

Hylobates
Hoolock
Nomascus
Symphalangus

Thumb
Verspreiding in Suidoos-Asië
Sluit

Gibbons[1] is kleiner as die groot ape soos die sjimpansee, bonobo, gorilla, orangoetang en mens, en het ’n kleiner mate van geslagsdimorfie. In sekere opsigte stem hulle meer ooreen met die kleiner ape. Maar soos alle groot ape is die gibbon ook stertloos. ’n Verbintenis (Engels: bonding) kom ook tussen pare voor, anders as by die meeste van die groot ape. Gibbons het ’n spesifieke manier van voortbeweeg: hulle swaai van tak tot tak oor afstande van tot 15 m, teen snelhede van tot 55 km/h. Hulle kan ook tot 8 m hoog spring en op twee voete loop met hul arms opgelig vir balans. Hulle is die vinnigste, ratsste nie-vlieënde diere wat in bome woon.

Na gelang van die spesie en geslag, kan gibbons se haarkleur wissel van donker- tot ligbruin en van swart tot wit. Min van hulle is heeltemal wit.

Taksonomie

Thumb
Nomascus leucogenys
Thumb
Hylobates lar

Die familie word in vier genera verdeel volgens hul diploïede chromosoomgetal: Hylobates (44), Hoolock (38), Nomascus (52) en Symphalangus (50).[1][2]

  • Genus Hylobates
    • H. lar
      • H. l. lar
      • H. l. carpenteri
      • H. l. entelloides
      • H. l. vestitus
      • H. l. yunnanensis
    • H. albibarbis
    • H. agilis
    • H. muelleri
      • H. m. muelleri
      • H. m. abbotti
      • H. m. funereus
    • H. moloch
      • H. m. moloch
      • H. m. pongoalsoni
    • H. pileatus
    • H. klossii
  • Genus Hoolock
    • H. hoolock
    • H. leuconedys
  • Genus Symphalangus
    • S. syndactylus
  • Genus Nomascus
    • N. annamensis
    • N. concolor
      • N. c. concolor
      • N. c. lu
      • N. c. jingdongensis
      • N. c. furvogaster
    • N. nasutus
    • N. hainanus
    • N. leucogenys
    • N. siki
    • N. gabriellae

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.