Gifboom

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gifboom
Remove ads

Die gifboom (Euphorbia virosa) is 'n plant van die Naboomfamilie Euphorbiaceae. Dit het 'n kort hoofstam, gewoonlik verdraaid, waarvan 5–10 cm-dik takke uitspruit. Hierdie blaarlose takke is 5- tot 8-hoekig. Gepaarde dorings (aangepasde blare) groei reëlmatig gespasiëerd op die hoekribbe.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Euphorbia virosa is algemeen verspreid vanaf die Oranjerivier in Suid-Afrika tot in suid-Angola, en is grootliks tot die ariede dele van Namibië beperk. Die plant bevat in die stamme 'n melkerige, romerige substansie met karsinogeniese eienskappe. Hierdie besonder giftige substansie word deur Boesmans gebruik, om te smeer op die punte van hul jagpyle. Kontak daarmee veroorsaak velirritasie, en indien die oë aangetas word, kan dit blindheid veroorsaak.

Remove ads

Subspesies

Die spesie het twee subspesies:

  • Euphorbia virosa subsp. arenicola L.C.Leach
  • Euphorbia virosa subsp. virosa

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels

  • "Euphorbia virosa". Desert-tropicals. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2010. Besoek op 15 Februarie 2010.
  • "Euphorbia virosa". The Cactus and succulent plant mall. Besoek op 15 Februarie 2010.
  • "Euphorbia virosa in Spain". La Guía de Plantas. Besoek op 15 Februarie 2010.


Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads