Gluten
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gluten (van die Latynse woord gluten, "gom") is ’n groep proteïene wat in die endosperm van verskeie graansoorte soos koring en rog aangetref word.[1] Ander graansoorte waarin dit voorkom, is gars, hawer en verwante spesies,[2] asook produkte wat daarvan gemaak word, soos mout. Gluten maak deeg elasties, help dit rys en gee aan die eindproduk sy taaierige tekstuur.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b3/Gluten_Sources.png/320px-Gluten_Sources.png)
In ’n klein deel van die algemene publiek veroorsaak gluten seliaksiekte en ander soorte glutenonverdraagsaamheid.[3] Die mate waarin hawer dit veroorsaak, hang van die kultivar af.[4][5][6] Baie soorte hawerprodukte word ook kruisbesmet met ander glutenbevattende grane.[5]
Die proteïene van ander graansoorte soos mielies en rys word ook soms glutens genoem, maar dit verskil van ware gluten.[1]