Grafroof is die handeling om 'n graf of graftombe oop te grawe om artefakte en ander voorwerpe daaruit te steel. Die doel is gewoonlik om munt te slaan uit waardevolle artikels of persoonlike eiendom. 'n Verwante daad is lykroof, wat dui op die verwydering van die liggaam uit die graf om aan mediese universiteite of studente te verkoop vir anatomiese studies.

Thumb
'n Gat wat deur grafrowers in Chan Chan, Peru, gegrawe is.

Grafroof het al baie probleme in argeologie, kunsgeskiedenis en geskiedenis veroorsaak.[1][2] Talle waardevolle grafterreine en graftombes is al beroof voordat kenners dit kon ontleed. Terselfdertyd word die ageologiese inhoud en geskiedkundige inligting vernietig.[2]

Grafrowers wat nie gevang word nie, verkoop relatief moderne voorwerpe naamloos en artefakte op die swartmark. Hoewel sommige artefakte in museums beland, word die meeste in private versamelings aangetref.[3]

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.