Greta Thunberg
Sweedse klimaatsveranderingaktivis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Greta Tintin Eleonora Ernman Thunberg (Sweeds: [ˈɡrêːta ˈtʉ̂ːnbærj]; gebore op 3 Januarie 2003) is 'n Sweedse omgewingsaktivis wat bekend is daarvoor dat sy wêreldleiers uitdaag om onmiddellik op te tree vir die versagting van klimaatsverandering.
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Greta Thunberg | |
---|---|
Thunberg in Maart 2020 by die Europese Parlement om die Klimaatwet te bespreek, 'n voorstel om die EU teen 2050 tot koolstofneutraliteit te verbind | |
Gebore | Greta Tintin Eleonora Ernman Thunberg 3 Januarie 2003 (2003-01-03) (21 jaar oud) |
Nasionaliteit | Swede |
Beroep | Student, Omgewingsaktivis |
Bekend vir | Internasionale leiersfiguur vir skoolstakings ten gunste van radikale aksie om klimaatsverandering te stuit |
Ouer(s) | Svante Thunberg Malena Ernman |
Handtekening | |
Sluit
Sy het bekend geword toe sy besluit het om elke skooldag na die somervakansie tot die Sweedse parlementsverkiesing op 9 September 2018 van die skool weg te bly en te betoog, met 'n banier buite die Sweedse parlement, om aandag te vestig op die dreigende klimaatsverandering.[1] Na die verkiesing het sy elke Vrydag van die skool weggebly en betoog.[2] In November 2018 het sy in 'n rubriek in The Guardian gesê dat sy sal aanhou totdat politici die Parys-ooreenkoms nakom.[3]