HD 140283
From Wikipedia, the free encyclopedia
HD 140283, nieamptelik bekend as die Metusalag-ster,[5] is ’n metaalarm subreusester sowat 190 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Weegskaal.[3] Sy skynbare magnitude is 7,205.[3] Die ster is langer as ’n eeu aan sterrekundiges bekend as ’n ster met ’n hoë snelheid, en ’n vroeë spektroskopiese ontleding deur Chamberlain en Aller het gewys dit het ’n heelwat laer metaalinhoud as die Son.[6] Dit is een van die naaste populasie II-sterre aan ons.
Kitsfeite
HD 140283 | ||||
Digitized Sky Survey-foto van HD 140283. | ||||
Sterrebeeld | Weegskaal | |||
Spektraaltipe | F9VkA5mA1[1] | |||
Soort | Populasie II | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 15h 43m 03.09706s[2] | |||
Deklinasie | -10° 56′ 00.6036″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 7,205 ± 0,02[3] | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 1,4 | |||
Ligsterkte (L☉) | 3,83 | |||
Ouderdom (jaar) | 14,46 ± 0,8 miljard (minimum 13,66 miljard)[3] | |||
Temperatuur (K) | 5 777 ± 55[3] | |||
Afstand (ligjaar) | ~190 | |||
Rotasiespoed (km/s) | ≤ 3,9[4] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -2,40 ± 0,10[3] | |||
Ander name | ||||
BD-10 4149, GJ 1195, HIP 76976, SAO 159459 | ||||
|
Sluit