HD 40307
From Wikipedia, the free encyclopedia
HD 40307 is ’n oranje K-tipe hoofreeksster sowat 42 ligjare (12,83 parsek) van die Aarde af in die sterrebeeld Skilder. Sy massa is na raming effens minder as dié van die Son. Die ster het sover bekend ses planete wat om hom wentel. Drie planete is in 2008 ontdek en nog drie in 2012. Een van hulle, HD 40307 g, is ’n planeet soortgelyk aan die Aarde met ’n wentelperiode van sowat 200 dae en kan dalk vloeibare water op sy oppervlak hê. Nog navorsing is nodig om vas te stel of dit lewe kan huisves.[1][2][3][4]
Kitsfeite
HD 40307 | ||||
Die ligging van HD 40307 in die ruimte (met ’n rooi pyltjie aangedui). | ||||
Sterrebeeld | Skilder | |||
Spektraaltipe | K2,5V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 45m 04,2409s | |||
Deklinasie | −60° 01′ 24.498″ | |||
Skynmagnitude (m) | 7,17 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,75 | |||
Radius (R☉) | 0,716 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,23 | |||
Ouderdom (jaar) | 1,2 × 109 | |||
Temperatuur (K) | 4 977 | |||
Afstand (ligjaar) | 41,8 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 6 | |||
Ander name | ||||
CD−60 1303, CPD−60 508, GC 7474, GJ 2046, HIP 27887, PPM 355061, SAO 249388 | ||||
|
Sluit