Hans Knappertsbusch
Duitse dirigent / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hans Knappertsbusch (12 Maart 1888 – 25 Oktober 1965) was 'n Duitse dirigent. Hy is veral bekend vir sy vertolkings van Wagner, Brucker en Richard Strauss se musiek.
Knappertsbusch het die tradisionele roete vir 'n aspirant-dirigent in Duitsland gevolg. Hy het sy loopbaan begin as musikale assistent, waarna hy toenemend senior dirigentposte begin beklee het. In 1922, op 34-jarige ouderdom, is hy aangestel as algemene musiekdirekteur van die Beierse Staatsopera. Hy het die pos vir elf jaar beklee. In 1936 het die regering van die NSDAP hom afgedank. As vryskutdirigent was hy 'n gereelde gasdirigent in Wene en Bayreuth, waar sy uitvoerings van Wagner se opera Parsifal baie gewild was.[1]
Knappertsbusch het hom nie tuis gevoel in die opnameateljee nie, en derhalwe is die bekendste opnames van sy werk gemaak tydens lewendige opvoerings in Bayreuth. Hy sterf op 77-jarige leeftyd, na 'n val die vorige jaar, waarvan hy nooit ten volle herstel het nie.