Herrerasaurus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Herrerasaurus was een van die vroegste dinosourusse. Die naam, wat "Herrera se akkedis" beteken, kom van die boer wat die eerste fossiel ontdek het. Alle bekende voorbeelde van hierdie karnivoor kom uit Noordwes-Argentinië en dateer uit die Karnium-tydsnede van die Laat Trias-periode, sowat 231,4 miljoen jaar gelede.[1] Die tipe-spesie, Herrerasaurus ischigualastensis, is in 1963 deur Osvaldo Alfredo Reig beskryf[2] en is die genus se enigste spesie.
Herrerasaurus | |
---|---|
’n Afgietsel van Herrerasaurus (Senckenberg-museum). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Herrerasaurus (Reig, 1963) |
Tipespesie | |
Herrerasaurus ischigualastensis (Reig, 1963) |
Herrerasaurus | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
| ||||||||||||
Die klassifikasie van die herrerasourus was baie jare lank onduidelik omdat daar net ’n paar brokstukke bestaan het. Daar is geglo dit was ’n basale teropode, ’n basale Sauropodomorpha, ’n basale Saurischia of glad nie ’n dinosourus nie, maar ’n ander soort Archosauria. Met die ontdekking van ’n byna volledige skelet en skedel in 1988[3][4] is dit geklassifiseer as óf ’n vroeë Theropoda óf ’n vroeë Saurischia, maar baie navorsers het dit minstens tentatief beskou as die primitiefste teropode.[5]
Dit is ’n lid van Herrerasauridae, ’n familie soortgelyke genera wat onder die vroegste dinosourusse tel.[6][7]